Pages

Friday, June 22, 2012

Rys pap

Nog 'n eerste.

Die klong neig nou al lank na 'n stukkie kos. Almal om hom eet terwyl hy droogbek sit en aankyk, terwyl die speeksel onwillekeurig uitstroom. Mess,mess skree sy boeta terwyl hy enige lapding gryp en af vee.
Nou het ons almal iets om na uit te sien want more is die ses maande vol en Gabriel mag maar iets konkreets in sy mond kry. Ons sal seker gaan vir die rys pap soos laas met Alessi.