Pages

Tuesday, March 22, 2011

Bestandele vir 'n lekker blues tune.

Dis mos nou alreeds 'n jaar en 'n paar uur later. En die klein Laatjie het 'n naam langer as sy ma se swangerskap.
Gister het ons hom vir 'n heerlike yskoue Valsbaai seedoop geneem. Taamlik gewillig solank hy net styf aan sy pa kon vasklou. Hy hou nie te veel van die ysige water hier duskant Vishoek nie maar tolerate darem die simboliek van die uitstappie. Later, terug by die huis, sukkel ek om hom uit die warm badwater te kry. Die mannetjie lyk na 'n avontuurlustige klein mens. Seker maar omdat sy ma so lekker op en af teen die bulte van Salmonsdam uitgeklim het net een slapie voordat hy besluit het om die wereld aan te durf.
Dit was so skuins voor middernag op die 21ste Maart laas jaar, toe Jamie skielik begin pyne kry. Ons albei was mos maar gras groen in die besigheid en het heeltemal die ooglopende tekens misgekyk. Noudat ons terugkyk was dit jou wragtie kraam pyne.
In elkgeval, ek vryf toe maar heel nag deur, rug. Omtrent soortgelyk aan al die rubbings van die blare en teksture tydens ons uitstappie vroeer die dag. 'n Bietjie tee, 'n stukkie gebotterde brood, 'n warm lappie. Alles om te help met die pyn. Man dit was 'n storie. Toe my vrou later aan begin pleit om huis toe te gaan, was ons mede campers ook al onrustig.
Nietemin, om 'n korterige storie nog korter te maak , haas ons na die naaste hospitaal oor strelende vroe-oggend grondpad. Eerste stop is petrol en 'n bietjie useless information by die petroljoggie. Ons besluit toe maar om aan te kap na Hermanus. Uiteindelik, na bietjie gesoek stoot Carol vir Jamie deur die deure van Hermanus Provincial se Kraameenheid.
En om 'n korterige storie nog korter te knip, knip suster Engelbrecht daai naelstring so teen half agt, kort af.
Dit was so 'n hittete of...
Gelukkige verjaardag Alexander Salmon
En gelukkige herinneringe aan julle ouens wat dit saam met hom beleef het.
Dit was 'n lekker uitstappie.
Balckie
2011 03 22 14h42

1 comment:

  1. Happy Birthday, Alexander!

    And Leon, give him a kissie from Uncle Cedric!

    Love

    ReplyDelete