Pages

Tuesday, March 8, 2011

The New

Ek begin die stuk met Ek. Dit is nou een van die min kere waar dit moontlik en veilig is om die woord openlik te gebruik. Nie lank gelede nie, was dit neusie verby met die singular expression. Vir my eie gesondheid is die woord ons meer aanvaarbaar. Maar dit is nie waaroor ons vandag wil praat nie.



Die storie loop so. Daar was 'n dag. Nou bykans 'n jaar gelede, toe die wonderlikse ding my oorkom. Ek erken dat ek nie met mees oorweldigende sekerheid kan sê dat dit die absolute wonderlikse dag is wat ek al ooit beleef het nie. Wat ek wel met oorweldigende sekerheid en beslissende, hartlike waarheid kan meëdeel, is dat dit die absolute wonderlikse herinneringe in my wese opwek.

Die begin van 'n heel nuwe lewe as menswees was besig om te gebeur. Natuurlik was daar ooglopende tekens dat daar 'n ding aan die kom was, maar vooruitbeplanning beteken niks as jy nie die een in beheer is nie. Heel naweek lank skêrts en maak ons stories op oor wie die baarmoeder gaan speel, wie water op die stoof gaan sit, wie gaan fot's neem, en so aan en so aan. Min weet ons wat in in die kop van ons ongebore aan die broei is.


Op die Oggend van Mense Regte Dag, eet ons van die heel beste. My liefling vrou berei heerlike spek en eier voor. Heerlike dik snye brood word voorgesit, vet geplak met botter. Ons geniet dit met kraakvars spinasie en almal gryp in met gesonde eetlus. Die oorskiet kos van die vorige aand word eenkant geskuif asof dit nou skielik hondekos is. Ja, die dag het op goeie noot begin. Na die heerlike ete , gryp 'n paar van ons koppies koffie en gaan sit ons om die smeulende vuurmaakplek wat nog warm gloei met die vorige aand se kole. Die kleintjies krap krap in die as rond en nie lank nie, begin ons weer nuwe lewe in die vuur in blaas. Hier en daar kom nog 'n paar laatslapers uit die wit, platdak huisies, met tandeborsel en handdoek.

Onder teen die skuinste is 'n wydverspreide grasperk. Dit is gevul met 'n heel verskeidenheid tente en voertuie. Hier en daar is nog 'n rokie wat die oggendlug daai mistieke gevoel gee. 'n Handjie vol kinders, seuns en meisies, speel krieket. Ons groep krap 'n frisbee uit en begin die litte los maak. Dit is nie lank nie, of 'n paar van die ouens begin spierstuipe kry. Die res van ons die hards druk aan en doen nou en dan die nodige strek oefeninge.

So gaan ons aan vir die res van die oggend. Ons stap nou en dan af na die klein reserwe toe om bietjie voetjies nat te maak. Ek gryp my boek en vetkryt wat ek langs die pad gekoop het en wandel saam, kaalvoet af onder om 'n ogie oor die kinders te hou. Dis is 'n heerlike cozy atmosfeer, aan drie kante toe gegroei met digte bos en interesante bome. Die water word in die reserwe ingevoer deur 'n one ten pvc pyp en die kinders geniet hulself in die donker water.




tbc

1 comment:

  1. I can't wait for episode two!!! Swing that lingo, baby. What a nice turn of phrase....

    ReplyDelete