Pages

Friday, June 10, 2011

Sprokies deur die lens

Die foto's van die Smuts Track is vreeslik 'exciting'. Ek kry sommer lus en staan more oggend vroeg op om die yskoue more-dou teen die berghange aan te durf. Julle mense gee 'n mens 'n verlangende pyn in die lyf.


Daai professionele kiekies spreek boekdele. Die prentjies is waarlik hemels hoor. Meneer die fotograaf, welgedaan! Jy't 'n oog vir die buite lewe, dis nou nie altemit nie. Die dooie bome, blare en al daardie verskeidenheid kleure en teksture bring lekker 'feelings' na vore. Dit is net die regte medisyne vir die wat vergeet het hoe 'n 'hiking trail' lyk. (Mens kan dan seker verstaan hoekom sekere van ons so briesend kwaad raak wanneer hul besprekings sommer net so gekanselleer word.)


Ek sien uit na die volgende versameling prentjies.


Die nuwe energie in ons geledere maak my skoon bewoe (met 'n deel teken e ). Ek hoop dit hou so aan tot binne in die hart van die Amatola berge.


Wees gegroet julle Stappers


balckie

No comments:

Post a Comment